Aartappels

Ons produseer hoofsaaklik tafelaartappels. Variëteite Mondial en Sifra. Daar is ook onlangs begin met die produksie van saad-aartappels.

Uie

Daar word gereeld proewe gedoen tussen verskillende kultivars, onkruiddoders en bemestingspyle. Variëte wat geplant word is hoofsaaklik Capricorn, Star 5517, Soberana en Madelein.

Sitrus

Suurlemoene, Pomelo's, Navels en Valentia's. Die makismum hoeveelhede sitrus word uitgevoer na Die Ooste, Verre Ooste, Midde Ooste, Europa, Rusland en China. Dit wat nie geskik is vir die uitvoermark, word op die plaaslike markte verkoop.

Tamaties

3 aanplantings word jaarliks gedoen, November, Desember en Januarie. Dit bestaan uit marktamaties en word bemark van einde Februarie tot Augustus.

Mielies

Word hoofsaaklik as 'n wisselbou-gewas op die uie- en aartappellande geplant. Die mielies word gebruik vir voermengsels en indien daar 'n oorskot is word dit verkoop.

Beeste

Speenkalwers word in die voerkraal afgerond en dan gestuur om geslag te word.

Wild

Die volgende wildspesies word aangehou: Koedoes, Rooibokke, Elande(Livingston, Kaapse), Rooihartbeeste, Zebras, Kameelperde, Waterbokke, Gemsbokke, Blouwildebeeste, Tsetsebe, Volstruise en kleiner wildsoorte soos Duiker, Steenbok en Vlakvark.