Rus en Vrede

Rus en Vrede Rivierkamp

Rus en Vrede is op 'n wilds-en groenteplaas op die wal van die Limpopo rivier naby die Groblersbrug/Maartin's Drift grenspos na Botswana geleë. Dit is 'n oase van rustigheid en vrede waar jy kan ontspan en die betowering van die Limpopo rivier en die kans om vars lug in te asem, kan ervaar.

Vissermanne kan hul visstokke saambring en voëlkykers hul verkykers. Bergfietsryers is welkom om fietse saam te bring, +/- 8km langs rivier en twee-spoor plaaspaadjies op res van die plaas terwyl wild kan besigtig word.

Selfsorg verblyf met elektrisiteit. 5 Houthuisies, elk met eie stort, wasbak, toilet en lugversorger. Gerieflike skoon beddegoed en handdoeke word voorsien.

Bosbok - slaap 2
Duiker - slaap 2
Rooibok - slaap 3
Steenbok - slaap 4
Waterbok - slaap 4

Sentrale kombuis-lapa met dek wat uitkyk oor die rivier. Ten volle toegerus met gasstoof, mikrogolf, yskas en vrieskas. Groot braai-area - alle potte, panne, roosters en eetgerei word voorsien. Windpomp met plaasdam maak voorsiening vir lekker afkoel in die somer soos dit net op die plaas gedoen kan word!

Tariewe

  • R460/persoon per nag (jagter) en R360/persoon (nie jagter), kinders onder 12 halfprys, kinders onder 2 gratis.
  • ‘n Jagter bly ‘n jagter vir die volle duur van verblyf.
  • Jagtersfooi (R100) sluit in op- en aflaai van wild, afslag en koelgeriewe.
  • Afslag van trofees R150/kuip.
  • Vlakvark vervoerpermit R30.

Tariewe sluit bediende in, slegs vir skottelgoed en skoonmaak van huisies, verwydering van as by braaiplek en skoonmaak van roosters en potte.

  • 50% deposito betaalbaar by bespreking.
  • Indien geen deposito ontvang word binne 7 dae na bespreking, word bespreking outomaties gekanselleer.
  • Vereffening van rekening voordat perseel verlaat.
  • Betaling kontant of direkte internet betaling.
  • GEEN tjeks.
  • Faks of e-pos betaalstrokie na 014 7671960, francis@sirkel-n.co.za
  • Alle tariewe sluit BTW uit.
  • Bankbesonderhede:
    • JR Heinlein
    • Standard Bank
    • Tak: 052648
    • Reknr: 138220484

Stuur ons 'n boodskap om 'n bespreking te maak