Matoppi

Matoppi Boskamp

Matoppi Boskamp is geleë op die wildsplaas Olifantspan naby Baltimore. Die kamp bestaan uit 8 tente (2 persone elk), 'n lapa omring met takke en 'n misvloer. Die kombuisie is toegerus met alle nodige eetgerei, braaibenodigdhede, roosters en ysterpotte.

Daar is 'n warmwaterstort, opelug bad, wasbak en spoeltoilet.

Geen elektrisiteit. Laterns en gaslampe word voorsien. Beddegoed word voorsien: Laken, kussing, duvet en kombers. Ekstra komberse kan in die winter saamgebring word.

Tariewe

  • R360/persoon (jagter) en R260/persoon (nie jagter), kinders onder 12 halfprys, kinders onder 2 gratis.
  • ‘n Jagter bly ‘n jagter vir die volle duur van verblyf.
  • Jagtersfooi (R100) sluit in op- en aflaai van wild, afslag en koelgeriewe.
  • Afslag van trofees R150/kuip.
  • Vlakvark vervoerpermit R30.

Tariewe sluit bediende in, slegs vir skottelgoed en skoonmaak van huisies, verwydering van as by braaiplek en skoonmaak van roosters en potte.

  • 50% deposito betaalbaar by bespreking.
  • Indien geen deposito ontvang word binne 7 dae na bespreking, word bespreking outomaties gekanselleer.
  • Vereffening van rekening voordat perseel verlaat.
  • Betaling kontant of direkte internet betaling.
  • GEEN tjeks.
  • Faks of e-pos betaalstrokie na 014 7671960, francis@sirkel-n.co.za
  • Alle tariewe sluit BTW uit.
  • Bankbesonderhede:
    • JR Heinlein
    • Standard Bank
    • Tak: 052648
    • Reknr: 138220484

Stuur ons 'n boodskap om 'n bespreking te maak