Wie is ons

Sirkel-N-Landgoed bestaan sedert 1981. 'n Gedeelte van die boerdery is naby Baltimore in die Westelike Bosveld geleë en die ander gedeelte langs die Limpopo rivier aangrensend tot Botswana, naby die Groblersbrug/Maartin's Drift grenspos. Sirkel-N boer met groente - tamaties, uie en aartappels-, sitrus, mielies, vee en wild.

Goeddeurdagte begrotings en deeglike beplanning is nodig om van 'n moderne boerdery 'n sukses te maak. Deeglike finansiële- en werksbeplanning, gekoppel aan werks- en selfdissipline is die hoekstene van Sirkel-N. Dit is ons strewe om in harmonie met die natuur te leef en te boer. Die einddoel is om 'n simbiotiese verhouding tussen die natuur en mens daar te stel, wat sal lei tot volhoubare benutting van die natuurlike hulpbronne op die grond waaroor ons eienaarskap het.

Ons voel baie sterk daaroor dat die grond aan ons geleen is en dat ons die verantwoordelikheid het om dit effektief te bestuur en voedsel te produseer na die beste van ons vermoë.